
=====================================================================
Wind van voor is niks nuuts nie (AV 7:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Wind van voor is niks nuuts nie

Adle Steyn s Afrikaans het nog steeds in tye van vasbyt gegroei.

MY buurvrou vra my waarom Engels die wreltaal geword het? Ek vertel haar van die gesprek tussen die Engelsman en die Fransman.

Die Fransman s aan die Engelsman: "As ek nie 'n Fransman kon wees nie, sou ek graag 'n Engelsman wou wees. Wat sou jy wou wees?"

Die Engelsman antwoord: "As ek nie 'n Engelsman kon wees nie, sou ek graag 'n Engelsman wou wees."

Daar het ons in 'n neutedop die sukses van die verspreiding van die Engelse taal: Die trots van die Engelsman op wat hy is en op sy taal, 
sodat in geen land wat hy verower het, hy 'n duit omgegee het vir die inheemse tale nie.

Langs my op die lessenaar l talle artikels geskryf deur geleerdes wat hul menings lug oor die stand van Afrikaans vandag. Dit kan alles 
saamgevat word in: "Mense, ons taal is onder druk; dit loop gevaar om te verdwyn; ons is bekommerd, wat kan ons doen om dit te red?"

My onmiddellike reaksie is om te vra: "Wanneer was Afrikaans nie onder druk nie, en het die taal al verdwyn?"

In 1875 het C.P. Hoogenhout in wanhoop uitgeroep: "Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy sien en hoor!" N die tweede Britse oorname 
van die Kaap in 1806 is onmiddellik met 'n beleid van verengelsing begin en is die vrye, ongebonde ontwikkeling van Afrikaans uit 
Nederlands, met die kleurryke toevoeging van Maleise en Khoe woorde, plotseling beindig.

Die vurige drang van sommige lede van die jong Afrikanervolk-in-wording vir 'n eie taal en identiteit het gesorg dat 'n kort 150 jaar 
daarna Afrikaans amptelik erken is as een van die landstale van ons land. Net vyftig jaar later word dit, soos baie ander kosbaarhede, as 
vanselfsprekend aanvaar. (Net 'n skok sou ons laat besef hoe noodsaaklik die voortbestaan van ons taal en kultuurerfenis is.)

Alles het tyd nodig om te groei. In die tydperk voor die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners in 1875 het individue hul stemme 
laat hoor. Louis Henri Meurant, 'n landdros van Cradock, het in sy plaaslike koerant vir die Afrikaanssprekendes sy welbekende "Zamenspraak 
tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twyfelaar" geskryf. Wetsagent H.W.A. Cooper van Fraserburg se "boerenbrieven" het onder die skuilnaam 
Samuel Zwaartman in die Kaapse Het Volksblad verskyn; adv. F.W. Reitz, die eerste digter in Afrikaans, se "Klaas Gezwint en zijn Paert" het 
in 1870 verskyn. Reitz het in 1874 die eerste hoofregter van die Vrystaatse Republiek geword en het 'n vurige ondersteuner en kampvegter 
vir Afrikaans gebly.

Op 'n persoonlike noot wil ek noem dat my man, wat 'n regsgeleerde was, altyd ges het dit is vanselfsprekend dat regsgeleerdes aan die 
voorpunt van die taalstryd gestaan het. Dit was egter die boere in die afgele gebiede van ons land n die Groot Trek wat vir die behoud 
van Nederlands en later hul eie taal gesorg het en die inspirasie vir die ontstaan van die GRA was.

Maar ten spyte van hierdie besondere kampvegters vir Afrikaans, toon 'n terugblik oor die ontstaan van Afrikaans dat di taal van die heel 
begin af die wind van voor gekry het.

Die teenkanting met die verskyning van die eerste Afrikaanse koerant, Die Afrikaanse Patriot, was fel en heftig. Een van ds. S.J. du Toit 
se kerkraadslede het aan hom ges dat as hy weet wie Oom Lokomotief is, hy hom sou doodskiet! Genoeg om te s dat ons eie mense, wat die 
taal tuis gepraat het, dit heftig teengestaan het.

Juis hier by die geboorte van ons taal het die gevoel van minderwaardig wees, die gevoel van skaam wees vir wie en wat ons is, begin. 
Waarom? Omdat Engels beskou is as die taal van die beskaafde mens, van geleerd en gesofistikeerd wees, die taal van die sosiaal-aanvaardes 
 en wie het hierdie persepsie geskep? Die Afrikaners-in-wording self, omdat die meerderwaardigheid van die Engelssprekendes hulle 
gentimideer het.

Hierdie gevoel van minderwaardigheid het aangehou selfs nadat die Afrikaner op soveel gebiede gepresteer het. Ek onthou so goed dat in my 
kinderjare  die dertiger-veertigerjare  Afrikaanssprekendes skielik na Engels oorgeslaan het wanneer ander mense in hysbakke of busse 
ingeklim het. Tog onthou ek ook hoe mense toe reeds geweier het om Engels in regeringskantore, banke en besighede te praat en daarop 
aangedring het om in Afrikaans bedien te word.

Gedurende die tydperk 1948-1994 het hierdie gevoel van die mindere te wees in 'n groot mate verdwyn en is dit ongelukkig soms vervang deur 
'n arrogante meerderwaardigheid. Dit was di bloeitydperk van Afrikaans, maar tegelykertyd die begin van die werklike groot stryd om die 
oorlewing van die taal wat 45 jaar lank koning gekraai het.

Nou is daar weer Afrikaners wat die ou minderwaardigheid laat opduik en skaam is om Afrikaans genoem te word. Of ons wil of nie, ons is 
Afrikaans en hoewel ons nie altyd al ons mede-Afrikaners se standpunte steun nie, kan ons nie wegkom nie van die feit dat selfs diegene wat 
ons fyngevoeligheid krenk of ons akademiese en gekultiveerde sensitiwiteit pynig, nogtans Afrikaans bly.

Is ons skaam oor die geskiedenis van die apartheidsera en vergeet ons van die dapperheid, deursettingsvermo, vreesloosheid en uithouvermo 
van ons voorgeslagte in fasette van ons voorafgaande geskiedenis? Selfs in die apartheidsera was daar mense wat bo die omstandighede 
uitgestyg en geestelike waardes laat sevier het.

Daar word na my mening te veel gepraat en geskryf oor die toekoms van die Afrikaner en Afrikaans. Kan ons nie maar ophou praat en net 
Afrikaans wees nie?

Ek is daarvan oortuig dat die Afrikaner 'n integrerende deel van hierdie land moet wees. Hy het die intelligensie, die kundigheid, die 
warmhartigheid, die geloof om sy hand uit te steek na alle bevolkingsgroepe en om te help regmaak wat hy glo verkeerd is.

Niemand kan ons uitskuif of ons taal doodmaak nie. Twee persoonlike ervarings het hierdie vaste oortuiging gestaaf. Ek het per motor met 
twee jong Duitse besoekers op die mooi Tuinroete gereis. Twee dae lank het niemand my in Engels aangespreek nie.

Ek ry by 'n ander geleentheid per trein Kaap toe en wag op Kimberley se stasie vir die aansluiting. Daar raak ek in 'n gesprek met elf 
swart mans wat hulle om my geskaar het toe hulle hoor dat ek 'n kruier vra waar hy sy pragtige Afrikaans geleer het. Ek het lank laas so 
opgewonde oor Afrikaans gevoel as toe di mans s dat Afrikaans die taal van die Noord-Kaap is en selfs van die ANC regering. Toe ek vir 
een s maar mense s Afrikaans gaan verdwyn, het hy geantwoord: "Dit is 'n lieg vir die hel!"

'n Jong polities-liberale advokaat van Johannesburg praat s oor sy taal: "Afrikaans is my moedertaal, my eie, waarop ek trots is. Omdat 
dit deel van my is, kan niemand my dit ontneem nie en kan ek ook nie daarvan vlug nie. As gevolg van hierdie eenheid van taal en self is 
dit elke Afrikaner se plig en verantwoordelikheid om hom te verbeter op materile, maar veral op geestelike gebied en daarmee saam ook sy 
taal."

Sukses kweek mag. Mag kweek respek en trots. Andertaliges begin ons taal praat en ons vind dat Afrikaans groei en vrugte dra.

Afrikaans beteken vir my dat ek te alle tye myself kan wees; dat ek 'n identiteit het en iewers hoort; dat ek 'n taak het om hierdie 
besondere taal te praat en uit te bou. Lank lewe Afrikaans! Adle Steyn van Bloemfontein is die eggenote van wyle hoofregter L. C. Steyn en 
was die eerste vrou in die Suid-Afrikaanse keurkomitee vir ontvangers van die Rhodes beurs.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7226.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 2000 /// Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV 7:2) /// 
Trust het miljoene geskenk (AV 7:2) /// Kursus in Afrikaans (AV 7:2) /// Limeriek I (AV 7:2) /// 'Kom ons lees en laat lees' (AV 7:2) /// 
Limeriek II (AV 7:2) /// Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV 7:2) /// In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV 7:2) /// Sebrastrepe s 
hul s vir Afrikaans (AV 7:2) /// Oor Afrikaans klap woord en weerwoord (AV 7:2) /// Tyd van liefh het aangebreek (AV 7:2) /// Man met 
swart baret se woorde rinkink (AV 7:2) /// 'Losing my religion' (AV 7:2) /// Taalslordigheid berokken skade (AV 7:2) /// Limeriek III (AV 
7:2) /// 'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV 7:2) /// Dans uit vergange se dae (AV 7:2) /// Nergensland (AV 7:2) /// Nag vol 
feeste! (AV 7:2) /// Duitser berig in Afrikaans uit Europa (AV 7:2) /// Staande ovasie vir Afrikaans (AV 7:2) /// Duitse toewyding 
toegespits op Afrikaans (AV 7:2) /// Ambassade reik kosbare CD uit (AV 7:2) /// 'Bubbelbad' borrel (AV 7:2) /// Waar's daai gogga? (AV 7:2) 
/// Wind van voor is niks nuuts nie (AV 7:2) /// Afrikaans en die jeug (AV 7:2) /// Hoe praat jy met tieners? (AV 7:2) /// Onthou om nie te 
vergeet nie (AV 7:2)

